Fieryspirit

Ek is 'n taal-ninja wat my hand aan die skryfkuns wil waag. Ek het al verskeie stukke geskryf maar nog nooit gepubliseer nie, hoewel baie daarvan aangewend was in die jare toe ek spraak en drama op skool gedoen het. Ek wil my talent graag verder ontwikkel en my liefde vir skryf met ander deel. Om eerlik te wees voel ek soos 'n kind wat in 'n diep swembad geval het en nie my voete kan vind nie. Ek weet egter lank reeds dat niks my liefde vir skryf en teken met woorde gaan onderdruk nie, daarvoor is ek net veels te lief vir my taal. Ek het duisende woordgedagtes in my kop wat nie kan wag om op papier te spring nie en dit is 'n wonderlike gevoel wat ek vir niks verruil nie.
Top