Fiemies
Ek's Fiemies, 'n boer se vrou. Ek's 'n tuisteskepper, taxidrywer, trooster, tjom, towerwese, tuinier, kok en kafoefelaar, met ander woorde huisvrou! Ek's vraterig oor letters en het 'n stowwerige manuskrip wat in 'n laai wag om gekrit te word. Verlede jaar het die belustigheid om letterkunde te swot my beetgepak en nou leer ek van al die groot kanonne. My week word bepaal deur die sekondemeter, die kilometer, die termometer en die moermeter. Ek het hordes stokperdjies waarvan LitNet nou my nuutste is.