Fanus Vivier

Fanus Vivier het nagraadse studies voltooi in teologie, sielkunde en besigheidsadministrasie. Na ‘n paar jaar in die bediening het hy besluit dit is beter om ‘n vryskut-gelowige te wees, en werk hy ‘n groot deel van sy loopbaan as kommunikasiekonsultant in die korporatiewe omgewing. Hy doen tussendeur vryskutwerk as kopieskrywer, en is tans gevestig in die Skotse Hooglande waar hy en sy vrou ‘n gastehuis het, en die af tye vul met lees en dink.


Opgedateer/Updated: 2006-09-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio info outdated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top