Faan

Ek is n predikant in die Hervormde Kerk met 31 jaar ondervinding in die bediening. Ongeveer 3 jaar terug het ek deur 'n baie moeilike tyd gegaan, en as terapie begin dig en skryf. Einde 2013 het ek vir die eerste keer 'n gedig ingeskryf vir 'n kompetisie op die webwerf www.woes.co.za. Die titel is "Gee my lente o Heer". Dit het n 2 de plek behaal. My eerste boek met die titel "Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie" het op 3 Maart 2014 as eboek verskyn en is tans te sien op www.myafrikaans.co.za. Die skakel daarheen is http://myafrikaans.com/gee-my-hoop-selfs-toe-daar-geen-hoop-meer-was-nie.html. Dit sal ook binnekort op bv kalahari en Leserskring aangebied word. Ek is tans besig met 2 kursusse in beradiing, wat my passie is.
Top