Eugene Brink is ’n sakekonsultant, entrepreneur en ontleder van die Paarl. Hy studeer aanvanklik joernalistiek en kommunikasie, waarna hy sy PhD in Politiek en ’n MBA-graad verwerf. Hy het voorheen as joernalis, subredakteur, redakteur, woordvoerder en strategiese raadgewer in die privaatsektor en nieregeringsfeer gewerk.