Ettienne van Lille

Ettienne van Lille het sy sielkunde-opleiding aan die Universiteit van Stellenbosch, die Universiteit van Bangor, Wallis, en die Canterbury Christ Church Universiteit ontvang. Na die voltooiing van sy studies in Suid-Afrika het hy oa as skoolvoorligter gewerk en deeltyds aan die Universiteit van Stellenbosch klasgegee. Hy het tot 2003 ‘n privaat praktyk in Bellville gehad, waarna hy in Engeland as kliniese sielkundige aangestel is vir die Priory Ticehurst House. In 2004 aanvaar hy die pos van Clinical Health Psychologist by die NHS (National Health Services), waar hy steeds praktiseer. Die fokus van sy werk is die ontwikkeling van ‘n kroniese-pyn-bestuursprogram in die beheer van kroniese kondisies (neurologies). Dit behels dat hy veral met pasiënte werk wat met veelvuldige sklerose, Parkinson-siekte en dementia gediagnoseer is. Hy is ook betrokke by ouer pasiënte wat leergestremd is.

Hy poog om, soos hy dit self stel, “die psigologie pragmaties te hou” en sou graag wou “wegdoen met die ‘mysticism’ wat dikwels aan die beroep kleef, maar waarvan ander psigoloë hou”. Hy het ‘n groot belangstelling in en passie vir die letterkunde en filosofie. In sy vrye tyd skryf hy en neem foto’s van die Engelse platteland.

Etienne is geregistreer by die Suid-Afrikaanse Raad vir die Gesondheidsprofessies, Suid-Afrikaanse Kliniese Neurosielkundige Vereniging en die British Psychological Society.

Top