etherealdude
My naam is Andre Barendse.
Ek skryf graag musiek, kortverhale, straf-uitskryf werk so lank ek lus het om te onthou. Ek dink voor dit het ek pap gegooi of goed aan die brand gesteek, of bure se katte met ketties geskiet etc.
Ek het 'n knap verbeelding en druk baie van my gedagtes uit na my verbeeldings dorpie blog genaamd Treachery.
Een van die belangstellings was dat 'n band van Treachery uiters taktloos en polities verkeerd optree en so met die tyd het ek taamlik musiek geskryf vir daai oogpunt.
Alhoewel ek uiters boring sing was die kreatiewe proses vir my baie plesier.
Ek streef altyd om vals limiete uit te wys en my luck verder te push vir die volgende giggle en dus spot ek graag met politiek, konservatiewe godsdiens en al die ander vrugte van die mensdom en mensslimvangsybaas.
