Esther Scheffer
Esther is in Vereeniging gebore en getoë en matrikuleer aan die Hoërskool Vereeniging. Daarna studeer sy aan UP en behaal haar BA-graad met Afrikaans en sielkunde as hoofvakke, waarna sy ook ’n hoër onderwysdiploma aan die Pretoriase Onderwyskollege verwerf. Haar onderwysloopbaan van ongeveer 34 jaar begin in Johannesburg, waar sy twee jaar skoolhou en ook ’n jaar as klerk van die kinder- en jeughof in die landdroskantoor werk. Na haar huwelik vestig sy haar op Klerksdorp en na die geboorte van haar kinders keer sy terug na die onderwys en doseer hoofsaaklik Afrikaans en Engels. Esther het heelwat belangstellings en stokperdjies en is betrokke by verskeie organisasies, onder meer die Hessequa Vereniging vir Argeologie, die Leeskring, Skryfkring, Voëlklub en U3A (University of the 3rd Age). Sy doen ook taalredigering en proeflees op vryskutbasis. Sy woon tans in Stilbaai.
