
Ernst Roets
Ernst Roets is die nasionale voorsitter van AfriForum Jeug. Hy is gebore in Pretoria, maar het grootgeword in Tzaneen, waar hy in 2003 by die Hoërskool Merensky gematrikuleer het. Hy het regsgeleerdheid by die Universiteit van Pretoria studeer en het gedurende hierdie tyd in verskeie studente- en universiteitstrukture, insluitend die Verteenwoordigende Studenteraad, die Institusionele Forum en die Senaat van die Universiteit van Pretoria gedien. Ernst is veral uitgesproke oor die bevordering van Afrikaans en meertaligheid in die onderwys en oor die bevordering van substansiële gelykheid vir die jeug. Hy is tans ook besig met sy navorsingsvoorstel vir ’n meestersgraad oor die beskerming van minderheidsgroepe ingevolge die internasionale reg.
Opgedateer/Updated: 2011-03-24
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
