Erika Hitge

Erika Hitge het ’n BA (Sielkunde), honneurs in sielkunde en ’n PhD in sielkunde by die Noordwes-Universiteit verwerf en ’n meestersgraad in spelterapie (MDIAC) by Unisa. Sy werk as geregistreerde berader en psigometris in privaatpraktyk in Emmarentia, Johannesburg. Sy is getroud en het twee kinders. Sy stel baie belang in die positiewe sielkunde, speelterapie en rasioneel emotiewe terapie. Gedurende jare van studie en praktykondervinding het sy geleer dat die verhouding tussen mense groot helende vermoë het. Sy het ook geleer dat sy nie ’n wonderwerker is nie, maar dat wonderlike veranderinge plaasvind wanneer mense blootgestel word aan korrektiewe ervarings in die beradingsverhouding. Haar krag in berading is gesetel in sterk verhoudings, openheid en die skep van ’n veilige emosionele ruimte.

Guidelines for the promotion of the well-being of South African psychologists

Erika Hitge, Izanette van Schalkwyk Academic research 2017-05-10

"Psychologists work long and inconvenient hours, have an unstable income when working in private practice, work with difficult cases such as homicide and suicide and are frequently faced with clients’ exhausted medical aids."

Riglyne vir die bevordering van die welstand van Suid-Afrikaanse sielkundiges

Erika Hitge, Izanette van Schalkwyk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-05-10

"Die sosio-ekonomiese situasie in Suid-Afrika lei daartoe dat sielkundiges leef en werk in gemeenskappe wat gekenmerk word deur misdaad, armoede, siekte en maatskaplike euwels, wat hierdie riglyne vir die verryking van sielkundiges se welstand ’n noodsaaklikheid maak."

Top