Emile

Ek is 'n graad-11 leerder en het nog altyd 'n vurige passie vir die Afrikaanse taal gehad. Dit is wie ek is en waarin ek my identiteit vind. Dit is juis hierdie passie wat my inspireer om in my taal te skryf. Die taal waarin ek lag, huil, dink en doen. Ek skryf graag kort-verhale omdat ek glo dat skryf veel meer is as net woorde. Dit is jou gevoelens en emosies wat jy vir ewig op papier neerlê. 'n Medium wat ander mense toelaat om my te leer ken vir wie en wat ek werklik is en waarin ek glo. Ek hoop dus om met Litnet juis dit te doen en nie net ander nie, maar ook myself te inspireer.
Top