Elma Fleischmann

Elma Fleischmann is ’n dosent in die Fakulteit Opvoedkunde aan die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT) se Wellington-kampus. Sy lei hoërskoolonderwysers op om Wiskundige Geletterdheid te onderrig.

Sy het voorheen by verskeie skole Senior Fase Wiskunde en Rekeningkunde vir die Verdere Onderwys en Opleidingsfase onderrig. In 2006 het Elma die skoolomgewing vir hoër onderwys verruil. Sy het aan die Universiteit van die Vrystaat, Sentrale Universiteit vir Tegnologie en later KSUT en die Universiteit van Wes-Kaapland in verskillende onderwyseropleidingsprogramme Rekeningkunde en Ekonomie gedoseer. Sy was verder by al hierdie instansies betrokke by die kurrikulering en aanbieding van die kurrikulumstudies van verskeie vakke. Haar navorsingsbelangstellings is emosionele intelligensie, sagte vaardighede, en leesbegrip in Wiskundige Geletterdheid.

Elma het haar BEd (Hons) in 1985 verwerf, met Ortodidaktiek en Voorligting as spesialisasieveld. In 2013 verwerf sy ’n MEd in Onderwysbeleidstudies met navorsing oor sagte vaardighede van uitstekende onderwysers. Sy is tans deel van ’n projek wat in samewerking met die Vlaamse Interuniversiteitsraad die rol van taal in die onderrig en leer van spesifieke vakke navors.

Elma se fokus is, en was nog altyd, mense en maniere om mense se volle potensiaal ontsluit. Daarom is hoe mense leer, veral in logiese vakke (Wiskunde, Rekeningkunde en Wiskundige Geletterdheid), en die nie-kognitiewe vaardighede wat vir hierdie leer nodig is, vir haar belangrik. Sy glo dat goeie onderrig meer inhou as net vakkennis, en dat insig in leerders se lewens en denkprosesse en empatie met hulle omstandighede daartoe bydra.

Soft skills of teachers: a transcendental phenomenological study

Elma Fleischmann Academic research 2020-12-02

"Examples of intrapersonal-behavioural skills provided by participants are that teachers are “congruent inside and outside school” and that they possess the “ability to evaluate the problems [that] learners have”. This intrapersonal skill becomes evident in how a teacher acts towards learners."

Onderwysers se sagte vaardighede: ’n transendentale fenomenologiese ondersoek

Elma Fleischmann LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2020-12-02

"Onderwysers werk hard om hul vak te ken, relevante lesse voor te berei en die lesse met selfvertroue aan te bied. Sonder sagte vaardighede is hierdie werk egter nie so lonend as wat dit sou kon wees indien hulle ook bevoegdheid in sagte vaardighede sou hê nie."

Top