
EKM Dido
EKM Dido, of Dido soos sy verkies om bekend te staan, is in 1951 in ’n klein dorpie, Tsomo, in die destydse Transkei gebore as die derde oudste van 12 kinders en die oudste dogter. Die skooltjie in Tsomo het net klas tot standerd 4 aangebied. Sy is na ’n sendingskool te Cofimvaba waar sy standerd 5 tot 7 geslaag het en is daarna na ’n Rooms-Katolieke kosskool in Cradock tot standerd 8. As gevolg van ’n finansiële tekort moes sy die skool in standerd 8 verlaat om te help om die jonger kinders skool toe te stuur. Vir die jong meisie was dit ’n swaar slag om te verwerk.
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
Lees EKM Dido se profiel op die ATKV|LitNet Afrikaanse Album.
Opgedateer/Updated: 2007-08-29
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
