Edwin Darrell de Klerk

Darrell het sy onderwysloopbaan by ’n skool in ’n landelike omgewing begin, waar hy posisies as onderwyser, departementshoof asook skoolhoof beklee het. Deur innoverende onderwysmetodes aan te wend, het hy leerders aangemoedig om hul omstandighede te gebruik om hoër hoogtes in die lewe te bereik. Vir personeelontwikkeling het hy hom toegespits op aangeleenthede soos onderwyseroutonomie en onderwyserleierskap. Darrell het later ’n pos aan die Universiteit van die Vrystaat aanvaar waar hy Filosofie en Beleidstudie in die Opvoedkunde aangebied het. In 2019 word hy aangestel as senior lektor aan die Sol Plaatje-universiteit en het Filosofie in die Opvoedkunde doseer. Hier speel hy ’n leidende rol in terme van navorsing wat grotendeels gehandel het oor die ontwikkeling van onderwysers vanuit ’n transformatiewe leierskapsperspektief. Hy is tans ’n senior lektor aan die Noordwes-Universiteit, waar hy die uitdaging aanvaar het om filosofie en beleidstudies met onderwysbestuur en leierskap te vervleg. Darrell se navorsing handel hoofsaaklik oor onderwyseroutonomie, professionalisme, bemagtiging van voordiens onderwysers, beleidstudie, gesagsverhoudinge, onderwyserleierskap, asook transformatiewe sosiale geregtigheid in die onderwys. Foucauldiaanse studies is ’n bykomende navorsingsveld.

Grade 9 learners’ experiences of formative assessment for language development in Afrikaans Home Language

Natalie Smith, Marguerite Müller, Edwin Darrell de Klerk Academic research 2022-03-22

"Not only does formative assessment provide opportunities for learners’ language development to be improved, but it also serves as a compass that can be utilised by teachers to make important future decisions about assessment."

’n Blik op graad 9- Afrikaans Huistaalleerders se ervaringe rakende formatiewe assessering vir taalontwikkeling

Natalie Smith, Marguerite Müller, Edwin Darrell de Klerk LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-03-22

"Terwyl formatiewe assessering rigtinggewend is ten opsigte van hoe leerders hul vordering kan verbeter, dien dit eweneens as rigtingaanduider vir toekomstige assesseringsbesluite wat deur ’n onderwyser geneem kan word."

Thoughts on rural learners’ experience of a positive teaching approach

Emma Groenewald, Emma Barnett, Edwin Darrell de Klerk Academic research 2021-09-06

"A positive teaching approach acknowledges learners for who they are, as they feel appreciated and develop a sense of belonging in the classroom, which, in turn, leads to an improvement in their involvement in classroom activities."

Nadenke oor plattelandse leerders se belewenis van ’n positiewe onderwysbenadering

Emma Groenewald, Emma Barnett, Edwin Darrell de Klerk LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-09-06

"’n Positiewe onderwysbenadering erken leerders vir wie hulle is sodat hulle waardeer voel en ’n samehorigheidsgevoel in die klaskamer ontwikkel. Hierdie samehorigheidsgevoel moedig leerders aan om aan klasaktiwiteite deel te neem."

Top