Eduard Horn

Eduard Horn is 1976 in Pretoria gebore en het ook daar grootgeword. Hy voltooi in 1999 sy BA(Drama) graad aan die Universiteit van Pretoria waar hy ’n groot voorliefde vir die skryf van die drama ontwikkel. In 1998 word “Paradys” Grahamstad toe geneem; in 2003 open “Swaelduif” onder die regie van Gys de Villiers by die KKNK en Aardklop kunstefees. “Bloed” is sy debuutroman.


Opgedateer/Updated: 2007-08-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top