Eagan A

Eagan A het 'n paar jaar gelede die stof van die klein Noord-Kaapse dorpie Olifantshoek van sy voete afgeskud en hom in Pretoria kom vestig. Die dorpie het glo te klein geraak vir sy drome. Hy het na matriek aan die Hoërskool Langberg (met 'n onderhoofseun-balkie) joernalistiek by die Technikon Pretoria (nou Tshwane Universiteit van Tegnologie) studeer. Is daarna eers as student in Dokumentêre Programme vir Televisie in die Nederlandse Universiteit van Windesheim ingeskryf, voor hy terug in die land by die SAUK se Afrikaanse radio (Monitor en Spektrum op RSG) gaan werk het. Buiten sy joernalistieke loopbaan tans by die Afrikaanse dagblad Beeld is hy 'n ou gesig in die kuier-en-vermaak-kringloop in Gauteng. 'n Klomp mense weet baie meer van die alter ego Cleo Houston Brown wat gereeld op verhoë verskyn.

 

Opgedateer/Updated: 2006-11-28
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top