
Douwe van der Zee
Douwe van der Zee was oorspronklik 'n dierkundige en het later "toevallig" in die onderwys beland. Twee weke nadat hy by Woodmead School begin skoolhou het, het twee kinders na hom toe gekom en gesê: "Sir, you can't teach." Net daar het hy sy hele benadering verander, alle konvensies by die deur uitgegooi en skoolhou het 'n plesier geword. Hy het by 'n aantal skole skoolgehou, maar uiteindelik die onderwys verlaat.
Tussenin was hy ook deel van die "Bou Suid-Afrika Stigting". Daar het hy vir 'n aantal jare sy Noodlyn- en ander ervaring gebruik om jeugkampe, konfliksessies en besprekingsgroepe te fasiliteer en berading te doen. Na 'n paar jaar as direkteur van die veldgidsvereniging (FGASA) het hy hom op wildernisstaptoere (vir die Wilderness Leadership School) en 'n kleuterskoolprojek toegespits.
In sy boek From Intellect to Intelligence verwerk hy sy magdom ervaring en insigte in 'n tema wat deur die woorde van Arnold Toynbee saamgevat word: "An increase in man's spiritual potentiality is now the only change in the biosphere against the biosphere being destroyed." Die boek word deur Griffel Media uitgegee (www.griffel.co.za) en sal binnekort op die rakke wees.Opgedateer/Updated: 2007-06-22
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
