Dorothea Steenkamp is hoof van Opvoedkundige, Sielkundige en Sosiale Hulpdienste in die Grahamstad Onderwysdistrik en behartig die oorhoofse beheer en bestuur van diverse programme, soos inklusiewe en spesiale onderwysdienste, psigososiale dienste, MIV/Vigs-opvoeding, skoliervervoerdienste, sport- en kultuuraktiwiteite en die skoolvoedingsprogram. Sy is sedert 1976 ’n geregistreerde onderwyser en sedert 1996 ’n geregistreerde opvoedkundige sielkundige. Sy het die DEd-graad in opvoedkundige sielkunde in 2001 voltooi onder leiding van Tilla Olivier rakende ’n ondersoek na die aard en voorkoms van motiveringstekorte in jongmense met aandagstekort-hiperaktiwiteit-sindroom.