Dora
Stella is op 5 April 1958 in Wolmaransstad gebore. Sy ontvang haar hoërskoolopleiding in Wolmaransstad waar sy in 1976 aan die Hoërskool Wolmaransstad matrikuleer. Sy behaal ? Onderwysdiploma in 1979, die graad Baccalaureus Artium Honores (Teologie Praktiese Teologie) in 2006, Magister Artium (Teologie) in 2007 en die Ph. D in 2010 aan die Universiteit van die Vrystaat.
Haar spesialiteitsveld is seksueel afwykende gedrag en in besonder pedoseksualiteit. Sy stig ondersteuningsgroepe vir slagoffers en seksuele oortreders en moedig potensiële molesteerders aan om terapie vir hul afwykende seksuele gedrag te ondergaan. Sy doen praatjies by kerke, skole ens. as bewusmakingsveltog teen seksuele molestering. Sy gee ook ouerleidingskursusse. Haar navorsing - 'n Pastoraal-hermeneutiese benadering tot seksueel afwykende gedrag: Pedofilie word as kortkursus by die NWU aangebied. Stella het ook al verskeie akademiese artikels in hierdie verband gebubliseer. Sy was ook al 'n spreker by verskeie akademiese kongresse onder andere by Oxford gedurende September 2012.
Sy is in beheer van Suidwes Landbou se welheidsprogram is ook navorsingsgenoot aan die Noordwes Universiteit (Potchefstroomkampus) en het ook 'n pastorale praktyk.
