Dirk van den Berg

Dirk van den Berg het sy nagraadse studie in kunsgeskiedenis en kunsfilosofie aan die ou PU vir CHO (nou NWU), die destydse UOVS (nou UV) en die ICS in Toronto voltooi. Hy was sedert 1971 verbonde aan die UV. Na sy emeritering in 2010 ondersteun hy steeds die werksaamhede van die Departement Kunsgeskiedenis en Beeldstudie.

Hy was by verskeie vakorganisasies, advieskomitees van museums en die redaksie van navorsingstydskrifte betrokke. Hy het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Stalsprys vir Kunsgeskiedenis op grond van publikasies op hierdie vakgebied ontvang.

Die filosofiese sistematiek en hermeneutiese kontekste van die kunshistoriese en beeldteoretiese dissiplines bly steeds die kader waarin hy tipikoniese navorsing oor die retoriek van beeldmag doen. Die fokus val tans op die verbeelding- en beeldingsprosesse in die komplekse wisselwerking tussen visuele voorstellings en hul betragters.

Exploratory, fictitious worlds: the unlocking of the Willem Boshoff Archive

Josef van Wyk, Suzanne de Villiers-Human, Dirk van den Berg Academic research 2017-05-12

"Willem Boshoff’s archive is a unique example of experimental and conceptual archiving and imaginative, digital curating which involves a disciplined, thorough, systematic approach, but which is at the same time alternative, creative, open, playful, informative, performative, artistic and sensory."

Verkennende verbeeldingswêrelde: die ontsluiting van die Willem Boshoff Argief

Josef van Wyk, Suzanne de Villiers-Human, Dirk van den Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-05-12

"Willem Boshoff se argief is ’n unieke voorbeeld van eksperimentele en konseptuele argivering én verbeeldingryke digitale kurering wat, hoewel uiters sistematies van opset, ook alternatief, kreatief, oop, speels, informatief, performatief, kunstig en sensories is."

Na-beeld/Na-beelding: stedelike gelykenisse

Dirk van den Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-09-11

"’n Performatiewe ontleding van die metaprent-dinamiek van ’n grafiese druk van Norman Catherine, Mirror Mirror (1991), dien as vertrekpunt in ’n peiling van na-beeldingsprosesse wat optree in ’n portrettipe waar stedelike omgewings deel word van die uiteindelike portretgelykenis."

Top