Dirk Slabbert


Ek is op 19 Februarie 1949 in Vereeniging gebore. Ek het in Evaton grootgeword en my skoolopleiding in Hoërskool Dr Malan in Meyerton voltooi. Ek is getroud, het vier kinders (drie seuns en 'n dogter) wat almal volwasse is. Ek woon die afgelope sewe jaar in Pretoria.

Ek is lief vir my taal en het heelwat inspirasie gekry uit NP van Wyk Louw se nalatenskap. Ek het ook 'n belangstelling in musiekinstrumente. Ek vind sterk inspirasie om spesifieke oomblikke rondom my in gedigte vas te lê. Ek vind behae daarin om minderbevoorregte mense by te staan.


Opgedateer/Updated: 2007-04-18
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
Top