Dirk Jordaan

Dirk Jordaan is die senior assistentredakteur van Beeld en hoof van die koerant se Pretoria-kantoor.

Hy het die vierjaargraad BA (Komm.) voltooi as ’n beurshouer van Naspers. Vanaf 1986 tot die einde van 1991 het hy by die dagblad Beeld gewerk, onder meer as hoofsubredakteur en nagredakteur verantwoordelik vir kopiekeuring. Daarna is hy na die Perskor-publikasie Rooi Rose, waar hy assistentredakteur was, verantwoordelik vir die voorpers-afdeling en die herskryf van artikels. Nadat hy einde 1996 na Beeld teruggekeer het, was hy al onder meer rock-resensent, kunsteredakteur, deeltydse motorfietskorrespondent en lid van die hoofredaksie.

Dirk was onder meer die nasionale bestuurder van Media24 se Jip-Rockspaaider-musiekkompetisie, is 'n spesialisskrywer van onder meer musiek, motorfietse asook bergfietsry. Hy het ook ervaring as dosent aan die Pretoriase Technikon (nou TUT) in joernalistiekpraktyk.

Dirk is ’n assosiaat-lid van die Gilde van Motorjoernaliste en was ’n direksielid van die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom.




Opgedateer/Updated: 2006-11-20
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top