Die Akker Straat Fees
In Junie 2013 het die Dorp Sasolburg baie erg deur geloop deur die media a.g.v die fandalisme en betogings. As jy op die internet kyk word die dorp meer sleg as goed uit gelaat, en dit is nie die ware beeld van die dorp nie.
Ek het groot geword in Sasol en is baie lief vir die plek en mense.
Hierdie fees is in die lewe geroep op grond van die boom prag in die dorp en die baie wat die burgers van die dorp het om te bied, al weet hulle dit nie altyd nie.
So die motief vir die fees is die volgende.
1) om die dorp aan die wereld te wys.
2) Om besigheid in die dorp te herstel en die Vaal driehoek en die rand te wys dat Sasolburg self baie besigheids moontlikhede het.
3) Om die mens van die dorp te wys dat hulle self iets vir hulle gemeenskap kan doen deur deel te word.
Die vraag is, Hoe kan hulle deel word?
Kyk gerus wat ons beoog en besluit self.
Ons Gaan die Kruiskyk Trok met Kruiskyk Kunstnaars, Dudley Mans, Kewers, Onbeskaamd, Cathy Viljoen, Flaming victory, Manual Escorcio, Bernice Borman en paar opkomende kunstenaars laat optree.
Daar gaan oof Stalletjies wees wat uit twee seksies gaan bestaan, Handels stallejies, en Besigheids staleltjies.
Daar gaan ook `n Mnr en Mej Jnr & Snr. Akkerstraatfees 2014 aangewys word.
Daar is vir die manne ook `n Lekker Potjie kompetisie wees.
Daar sal vir die Kinders aktiwiteit en vele meer wees.
daar is `n klein segment vir groter uitstallers soos voertye, waentjies, kampering ens. As U belang stel is u welkom om met ons in verbinding te tree. Daar is ongelukkig nie te veel spasie nie, maar ons sal met groot liefde vir u Club `n prominente plek maak. Die koste in u geval is R30 / m2.
Ons as Fees organiseerders sal graag u wil deel maak van die fees en geleendheid gee om stalletjies ens op die Fees te he.
Hierdie is die baba en begin en sal elke jaar groter en groter wees.
Kom ons herstel ons dorp weer.
