
Delene van Wyk
Ek is ’n 21-jarige student in my finale jaar aan die Universiteit van Pretoria (BSc Wiskundige Statistiek). Alhoewel ek mal is oor skryf, deel ek nie maklik my skryfwerk met mense wat my goed ken nie, maar ek sal wel nou en dan vir kompetisies inskryf om die meer objektiewe leser te bereik. Ek het grootgeword op die platteland in ’n liefdevolle huis en het ’n groot liefde vir die stilte en eenvoud van plaaslewe. My gunstelingmanier van ontspan is waarskynlik om in ’n diep borrelbad te lê en gedigte lees (natuurlik met ’n glasie witwyn op die rand), maar ek geniet dit ook om nuwe resepte te toets, te skets en saam met vriende en familie te kuier. My droom is om ’n wiskunde-onderwyseres te word sodat ek hopelik kinders se lewens kan raak soos wat mý onderwysers my lewe beïnvloed het.
