Dawie Louw is in die ou Transvaal gebore (1944) en getoë. Hy gaan skool in Benoni en studeer by Tukkies. Daarna doen hy baie dinge, insluitende wiskundeonderwyser, IT-programmeur, weermagoffisier, verkoopsman, projekbestuurder, stelselontleder, markontwikkelaar, sakeman, besturende direkteur, ontwerper van meubels en uitvinder. Hy skryf ook kortverhale vir tydskrifte. Hy woon oraloor, selfs in ver plekke soos die Kaap en Duitsland, maar sy gunsteling-plekke bly die bosveld, die Karoo en die woestyn. “Skryf is lekker, want jou pen gaan oral en jy gaan saam.”
Opgedateer/Updated: 2007-05-03
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za