Danmur Lucas is tans ‘n finale jaar BRek student by Stellenbosch Universiteit. Hy dien op die studenteraad, met die portefeulje: Studenteontwikkeling en diversiteit. Hy was ook op die Huiskomitee van Majuba manskoshuis op Stellenbosch.
Hy is ‘n Kimberley boytjie wat baie van sokker, goeie musiek, toneel en bier hou.
Hy geniet ook die geselskap van ‘n dame ongelooflik baie, aangesien sy ma hom grootgemaak het met ‘n diepe waardering vir die vroulike geslag …
Opgedateer/Updated: 2007-02-19
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za