Corné van Wyk

Ek is in die laatsomer van 1978 in 'n klein dorpie in die Vrystaat gebore en het in die ou Wes-Transvaal grootgeword, gematrikuleer en studeer (Potchefstroom Universiteit). Ek het ná matriek sielkunde studeer met tale en skryfkuns as hoofvakke. Tans is ek 'n Afrikaans-onderwyser by 'n hoërskool in Centurion.

My passies is taal en dan meer spesifiek die prosa- en poësiegedeeltes daarvan. Ek is fanaties oor skryf en het darem al drie gedigte gepubliseer in die PUK se digbundels Engele en ander dinge en Potpourie. Verder leef ek my ook in die uitvoerende kunste uit.


Opgedateer/Updated: 2007-07-03
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio info outdated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
Top