Corné van Staden

Corné Johandia van Staden is die hoof van Gehalteversekering en -verbetering in die Kollege vir Wetenskap, Ingenieurswese en Tegnologie aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA). Sy het ’n PhD in Inligtingstelsels van UNISA en ’n MTech in Inligtingstelsels van die Vaal-universiteit van Tegnologie. Sy het bygedra tot die akademiese kennisveld deur te publiseer oor aspekte van Mens-rekenaar-interaksie, eModerering in e-Leer en m-Leer, sowel as gebruikerservaring in hulpbronbeperkte omgewings. Sy dien as ’n evalueerder vir die Raad op Hoër Onderwys.

The Africanisation of undergraduate courses in Human-Computer Interaction (HCI) and Business Analysis (BA): A quantitative study of students’ experience

Jan Kroeze, Corné van Staden, Sunet Eybers Academic research 2024-10-07

"It has been widely acknowledged that science has traditionally been monopolised by Western paradigms. Various fields in the social sciences have realised that research is necessary to create sensitivity to the need for decolonisation in these fields."

Die afrikanisering van voorgraadse kursusse in Mens-rekenaar-interaksie (MRI) en Besigheidsontleding (BO): ’n Kwantitatiewe studie oor studente se ervaring

Jan Kroeze, Corné van Staden, Sunet Eybers LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-10-07

"Daar word wyd erken dat die wetenskap tradisioneel deur Westerse paradigmas gemonopoliseer is. Verskeie velde in die sosiale wetenskappe besef dat navorsing nodig is om ’n bewustheid van die behoefte aan dekolonisasie in hierdie velde te kweek."

Kan studente sosialenetwerk-omgewings gebruik om beter te kan studeer?

Corné van Staden 2013-04-16 "Die uitdaging in onderrig is nie net die gebruik van sosiale media nie, maar ook die integrasie van tegnologie in die onderrig- en leerproses om konstruktiewe betrokkenheid van studente tydens die leerproses te bevorder."
Top