
Conrad Cockcroft
Conrad R Cockcroft het in Pretoria grootgeword en is ook daar geskool, maar bly nou in Johannesburg en werk al 36 jaar in Aucklandpark by die SAUK.
As kind het hy gereeld stories vir Patrys, Die Kleinspan en Die Hoofstad gepubliseer en op hierdie manier sy sakgeld verdien. Sy droom om joernalistiek na matriek te studeer, het nooit gerealiseer nie en sy skryfwerk het met die jare sleg agterweë gebly.
’n Kollega van hom, Mike Olivier wat ook op LitNet publiseer, het gereeld vir Conrad sy skryfwerk per e-pos begin aanstuur en dit was die vonk wat Conrad nodig gehad het om weer te begin skryf. Sedertdien het hy sy hand aan verskeie kortverhale en selfs ’n gedig of twee gewaag.
Met die oog op ’n bundel kortverhale, spandeer hy sy vrye tyd (en soms so ’n bietjie tyd by die werk) aan skryf. Tuis het hy ’n hele lys temas wat hy nog by wil uitkom. Hy geniet die skrywery geweldig en vind dit totaal verslawend!
Conrad is die afgelope 34 jaar lank getroud met Jenny, het twee wonderlike dogters, ’n skoonseun en ’n pragtige twee-en-’n-half jarige kleindogter.
Opgedateer/Updated: 2010-01-15
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
