Colleen

Ek het onlangs 'n kort kursus in kreatiewe skryfwerk gedoen na jare lange gewroeg oor waaroor die gevoel gaan om te wil skryf. Ek het nooit my hand aan skryfwerk gewaag nie, behalwe as tiener het ek vir myself 'n kortverhaal oor tienerliefde (wat anders) geskryf. Die stukkie skryfwerk en begrawe gebly in 'n laai in my kamer tot ek die huis verlaat het, en al die "gemors" in die asblik gegooi het. Met die jare het ek elke nou en dan 'n "gevoel" gekry vir skryf en dan en wan 'n gedig geskryf wat veilig met wagwoorde op my rekenaar verbloem was. Ek het begin om 'n lewensverhaal te skryf, maar dit opgegee - want wie stel nou belang?. So bietjie meer as 'n jaar terug het ek geswig en ingeskryf vir 'n kort kursus. Ek leer elke dag, deur te lees, op te let, en bietjie te skryf aan 'n verhaal wat ek nou oor my ouma se lewe begin skryf het. Dit gaan stadig, maar dit gaan en daar is nie 'n wagwoord op die lêer op my rekenaar nie....
Top