Coenie Slabber is ’n afgetrede Naspers-joernalis. Hy was in die jare '70, '80 en '90 by
Rapport hoofsubredakteur, resensent, rubriekskrywer en kulturele redakteur toe dié koerant prominent gestaan het in die Afrikaanse skrywers se stryd teen apartheid en sensuur.
In sy studentejare het hy in 1959 as redakteur van
Die Matie deur dié studentekoerant ’n opspraakwekkende veldtog gevoer wat daartoe gelei het dat dr Hendrik Verwoerd hom onttrek het as kandidaat vir kanselier van die Universiteit van Stellenbosch en dr Eben Dönges verkies is.
Opgedateer/Updated: 2008-09-23
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za