Coenie Nolte

Opgegroei op Carnarvon in die Karoo en matrikuleer aan die Hoërskool Carnarvon in 1955. Behaal BA graad en Sekondêre Onderwys Diploma aan die Universiteit van Stellenbosch in 1959 en B Ed aan die Vrystaat Universiteit in 1971.

Na 7 jaar in die onderwys aangestel as Organiseerder van Opvoeding Buite Skoolverband in die streekkantoor van die Departement van Onderwys, Kuns en Wetenskap in Wes-Kaapland. Word Streekhoof van die Departement van Kultuursake in Kimberley in 1968.

Aanvaar pos as Ontwikkelingsbestuurder van die Stadsraad van Kimberley in 1971 en bevorder tot Direkteur Administrasie in 1984 en Stadsklerk in 1991. In 1994 gesekondeer na Provinsiale Wetgewer van die Noord-Kaap. as Tydelike Sekretaris om Wetgewer te help vestig.

Het in verskeie rade gedien onder andere die Kaaplandse Raad vir Uitvoerende Kunste, Die Raad op Nasionale Gedenkwaardighede, bestuurslid van die Openbare Skakelinstituut van Suid-Afrika, die Verenigde Munisipale Bestuur van Suid-Afrika, die Nasionale Plaaslike Owerheid Verkiesings Taakspan wat die eerste demokratiese plaaslike owerheidsverkiesings van 1995 gereël het en die Ekonomiese Adviesraad van die Premier van die Vrystaat.

In 1997 aangestel as Besturende Direkteur van die Bloemfontein Kamer van Handel en Nywerheid tot met tweede aftrede in 2005. Bedryf tans eie besigheid, De Novo Webs, wat webwerwe ontwikkel en huisves.

Getroud met Ria en 3 dogters uit huwelik gebore.

Opgedateer/Updated: 2009-01-14
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top