Clive Coetzee

Clive Coetzee is ’n buitengewone navorsingswetenskaplike by die TRADE-navorsingseenheid, WTO-leerstoel en die Skool vir Ekonomiese Wetenskappe van die Noordwes-Universiteit in Suid-Afrika. Hy is ’n uiters bekwame navorser, met besondere kundigheid in gevorderde ekonometrie en geografiese inligtingstelsels. Hy behaal die grade BMil in Bestuurswetenskappe, BMil Honneurs in Ekonomie en ’n magistergraad in Ekonomie aan die Fakulteit Krygskunde, Universiteit van Stellenbosch tussen 1994 en 2000. Hy het twee gevorderde bestuurskursusse aan die Universiteit van Suid-Afrika voltooi sowel as ’n PhD-graad in Ekonomie aan die Universiteit van KwaZulu-Natal. Hy het tussen 1990 en 2000 in die Suid-Afrikaanse Lugmag, onder meer as opleidingsinstrukteur, operasionele beampte en bevelvoerder van verskillende eskaders gedien. Gedurende 1999 word hy aangestel as dosent in Ekonomie aan die Fakulteit Krygskunde, Universiteit van Stellenbosch. Hy doseer ook by die Skool vir Ekonomie van die Universiteit van Kaapstad. Gedurende 2003 sluit hy aan by die Skool vir Ekonomie en Finansies van die Universiteit van KwaZulu-Natal. Sedert 2008 was hy by die Provinsiale Tesourie in KwaZulu-Natal werksaam as die hoofdirekteur van Infrastruktuurbestuur en Ekonomiese Dienste. Gedurende 2020 word hy aangestel as senior lektor by die Skool vir Ekonomie van die Fakulteit Krygskunde, Universiteit van Stellenbosch by die Militêre Akademie in Saldanha. Hy het ook sedert 2000 ’n konsultasiebesigheid genaamd Clive Coetzee Financial Service wat spesialiseer in ekonomiese en finansiële ontledings, inligting en aanbiedings, insluitend openbare beleidsondersteuning.

The spatial dynamics of poverty in South Africa: Assessing poverty using satellite technology and poverty maps

Ewert Kleynhans, Clive Coetzee Academic research 2021-04-26

"The results of the granular poverty maps developed in this research study suggest that poverty in South Africa is spatially clustered and not randomly distributed. Locations with high and low poverty are generally not in close proximity."

Assessering van die ruimtelike aard van armoede in Suid-Afrika met behulp van satelliettegnologie

Ewert Kleynhans, Clive Coetzee LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2021-04-26

"Die kern van die ruimtelike kartering van armoede op ’n ruitnetwerk is dat ruimte inderdaad saak maak, in die sin dat armoedevlakke op een plek verband hou met wat op naburige plekke gebeur. Daar bestaan nie net ruimtelike verhoudings nie, maar dit lyk asof armoede fundamenteel verband hou met bepaalde ligging."

Top