Clarence Williams

Clarence Gordon Williams is in King William’s Town gebore en is oorspronklik as laerskoolonderwyser opgelei. Hy het sy onderwysloopbaan in 1971 in Oos-Londen begin, waarna hy poste by verskeie hoërskole in Wes-Kaapland beklee het. Vanaf 1989 tot 1999 was hy betrokke by onderwysersopleiding, waar hy veral verantwoordelik was vir die vakke geskiedenismetodiek en onderwysleierskap en -bestuur. Met die sluiting van onderwyskolleges het hy in 2000 ’n betrekking as senior lektor by die Universiteit van Wes-Kaapland aanvaar, waar hy in 2016 as medeprofessor in die Departement van Opvoedkundige Studies afgetree het. Die meeste van sy voor- en nagraadse studie het hy deeltyds aangepak by Unisa, die Universiteit van Kaapstad, Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Wes-Kaapland. Die hooffokus van sy navorsing is onderwysleierskap en onderwysbeleid.

Die fokus van sy medeprofessorskap was die ontwikkeling van onderwysleierskap en bestuursvermoë. Onderliggend aan hierdie fokus was geloof in menslike agentskap en die beginsel dat mense die reg het om deel te neem aan besluite wat hulle lewens raak. Nou verwant hieraan is die ontwikkeling van kritiese denke as ’n middel van bemagtiging. Dit is sy tesis dat skole ontwikkel moet word in openbare ruimtes wat toegewy is aan vorme van self- en sosiale bemagtiging. Slegs dan sal die ideale van individuele vryheid en sosiale geregtigheid verwesenlik kan word.

Clarence is tans besig met vryskutwerk op die gebied van onderwysleierskap.

Skoolleiers en sosiale geregtigheid: ’n onderhoud

Estelle Kruger, Clarence Williams Onderhoude 2017-06-07

“Ek is ’n voorstander van die begrip van gedeelde leierskap wat gebaseer is op die idee dat leierskap nie die uitsluitlike domein van een individu is nie, maar in baie mense gesetel is. Ek glo dat alle opvoeders die potensiaal het en geregtig is om tot leierskap by te dra.”

A comparative study of the standardisation of the development of school leadership in the USA and South Africa

Clarence Williams Academic research 2017-05-31

"Although not beyond criticism, the ISLLC model provides a possible solution for the South African attempt to standardise leadership development in schools."

’n Vergelykende studie van die standaardisering van die ontwikkeling van skoolleierskap in die VSA en Suid-Afrika

Clarence Williams LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-05-30

"Daar word dus nie aanbeveel dat die ISLLC-model of enige ander model net so in Suid-Afrika toegepas word nie, maar daar is baie lesse wat uit die internasionale ervaring geleer kan word."

Die Nasionale Party se amptelike beleid teenoor die kleurlingstemregkwessie, 1925–1939: Politieke opportunisme of beginselvastheid?

Clarence Williams LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-06-08

"Die vernaamste bevinding van hierdie artikel is dat die NP se beleid teenoor die kleurlinge nie beginselvas was nie, maar ’n voorbeeld van politieke opportunisme."

Top