ChrisvandeCaab

Ek's 'n sakejoernalis; woon sedert 2002 in Duitsland; praat sedertdien selde Afrikaans; voel egter n groter liefde vir die taal en n groter belangstelling vir ons geskiedenis sedert ek buite die land woon. Vanwaar die naam<span style="font-size: 12px;"> ChrisvandeCaab? Ek het dit gekies, omdat ek wil herinner dat ek sedert die slawedae aan Suid-Afrika gebind is. In 1732 het slavin Rebecca van de Caab se dogter Sara met Evert Jansz. Volschenk, 'n matroos van die NOIK, getrou en 'n string kinders gehad. Sowat tien geslagte later was ek aan die beurt; gebore op Stellenbosch in 1953 en gedoop Christoffel Hendrik Petrus Volschenk. </span>
Top