Christof de Kock
Ek is in Kimberley gebore en is 41 jaar oud. Na matriek het ek verder gaan studeer om my te bekwaam as rekenmeester. Na my twee jaar diensplig het ek my gevestig in die privaat sektor waar ek tans ‘n finansiële bestuurder is in die voertuigbedryf. Is onlangs getroud en het geen kinders nie en ons woon in Bellville, Kaapstad. Ek het in 2006 ‘n webtuiste begin waar ek die publiek uitgenooi het om hul mening te gee vir ‘n referendum vir die doodstraf. Dit is gedoen na aanleiding van die vele wrede moorde wat in ons pragtige land plaasgevind het.