Chris Koen

Chris Koen is 1951 aan die Gautengse Oos-Rand gebore, en het ook daar skoolgegaan. Hy studeer aan RAU, die Universiteit van Kaapstad en UNISA, en behaal PhD‑grade in Sterrekunde en Wiskundige Statistiek. Hy doseer by Fort Hare Universiteit en die Universiteit van Bophuthatswana, en bring ’n jaar by die Nasionale Sentrale Universiteit in Chung-Li, Taiwan, deur. Hy werk ’n aantal jaar as sterrekundige by die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium en doen in hierdie tyd ook ’n jaar lank navorsing by die Universiteit van Texas in Austin. Hy is tans senior professor in Statistiek aan die Universiteit van die Wes-Kaap.

Chris is die skrywer van of medewerker aan nagenoeg 200 internasionale publikasies. Hy spits hom toe op astro-statistiek en die studie van veranderlike sterre.

Chris is getroud met Erica, en die trotse pa van Thea.

 

Opgedateer/Updated: 2009-11-05

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top