Challa
Skoolgegaan in meer skole as die vingers aan my hande - my pa was 'n rondreisende magistraat; seker van daar die liefde vir rondreis, beslis van hom die liefde vir "rede". Die afgelope jaar en half meer plekke besoek as wat ek gedag het ek sou kon bereik; joernale vol geskryf, meestal op 'n leë maag. Les 1: genot is nie afhanklik van kos nie. Les 2: besonderse heerlike kos is die moeite werd om voor te wag ... haha