
Catharina Bouer
Ek is gebore Catharina Maria Bouer, het grootgeword as een van ses kinders van ’n Knysna-bosbouer wat hom later jare gekwalifiseer het as ’n paneelklopper/spuitverwer en verhuis het na Sasolburg in die Vrystaat.
Ek is 53 jaar oud en het poësie begin skryf om my eie emosies te beskryf aangesien ek as ’n enkelmoeder ses kinders moes grootmaak. Hulle vader het jonk gesterf aan breinkanker.
Ek het std 6 op skool voltooi en het later jare eers myself in verskeie velde laat oplei, onder andere rekenaarvaardigheid, boekhou, paneelklop en spuitverf, asook as ’n motorwerktuigkundige, alles waarvoor ek kwalifikasies het.
Aangeheg is ’n foto van my met een van my twintig kleinkinders.
Opgedateer/Updated: 2010-01-19
Bio-inligting verouderd? Stuur ’n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
