Carina van Tonder

Ek is 58 jaar gelede in Kaapstad gebore. My ma (bipolêr) was ? opgeleide onderwyseres wat huisvrou geword het toe ek gebore is, en my pa (nie bipolêr nie) direkteur van Parke en Bosse van die Munisipaliteit van Kaapstad. Ek het een broer (nie bipolêr nie) ses jaar jonger as ek. Skoolgegaan in die Jan van Riebeeck Laer- en Hoërskole en daarna Stellenbosch toe, waar ek 'n graad in wiskunde en toegepaste wiskunde verwerf het. In my tweede jaar is ek met 'n medebipolêr getroud en is nog steeds na byna 40 jaar met hom getroud. Dit was ons eerste ervaring van beide tegelykertyd in hipomanie. En nee, ek was nie swanger nie.

Na universiteit het ek nog ses jaar vir die Kaapse munisipaliteit gewerk as programmeerder. Toe het ek die Kaap vir Transvaal verruil en was ek stelselontleder by JCI en Sasol. Tussen die eerste twee kinders (bipolêr) deur (gebore toe ek onderskeidelik 29 en 31 was) het ek ook nog by Unisa 'n diploma in Inligtingstelsels en honneurs in inligtingstelsels verwerf, waarna ek as dosent in inligtingstelsels by die Vaaltechnikon gewerk het.

Gedurende 'n hipomaniese episode besluit ons om op te hou swot en eerder rekenaars in te voer, te bou en te verkoop. Ons het die oorspronklike Sjinese eienaars van huidiglik een van die grootste rekenaarverspreiders in Suider-Afrika oorreed om met ons in bedryf te gaan.

Opgedateer/Updated: 2006-10-08

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top