Birgit Kuschke

Birgit Kuschke is ‘n medeprofessor in die Departement Privaatreg aan die Universiteit van Pretoria. Sy behaal die BLC (cum laude) in 1986 en die LLB (cum laude) in 1988 aan die Universiteit van Pretoria, en die LLD aan die Universiteit van Suid-Afrika in 2009 met ‘n proefskrif getitel “Insurance against damage caused by pollution”. Birgit doseer kontraktereg op sowel voorgraadse as nagraadse vlak. Sy dien sedert 2009 in die presidensiële raad van die International Insurance Law Association, en is ‘n lid van die vereniging se wetenskaplike komitee. Birgit is ‘n toegelate prokureur, notaris en aktevervaardiger van die hoë hof van Suid-Afrika, en spesialiseer in die opstel van versekerings-, ingenieurs- en boukontrakte. Sy doseer sedert 1999 die module in die opstel van kontrakte vir verskeie regskole vir kandidaatprokureurs wat onder die vaandel van die prokureursorde van Suid-Afrika aangebied word. Vanaf 1997 doseer sy ook die module oor regsaspekte van projekbestuur in die Projekbestuurprogram wat aanvanklik deur die laboratorium vir gevorderde ingenieurswese en tans deur CE At UP (Voortgesette Onderwys aan die Universiteit van Pretoria) aangebied word.

Onderhoudend: Birgit Kuschke

Birgit Kuschke, Louis Kotzé 2014-06-11 "Dit spreek vanself dat, in sommige gevalle, die omgewing nooit weer na sy vorige toestand herstel kan word nie. ‘n Mens sal byvoorbeeld nooit die vernietiging van 300 jaar oue bome kan herstel nie."

Vestiging van versekeringseise teen omgewingskade wat deur hidrobreking aangerig word

Birgit Kuschke LitNet Akademies (Regte) 2014-02-21

Hierdie artikel bespreek die aard van die versekeringsvestigingsfeite en die problematiek van die praktiese toepassing daarvan, en ondersoek moontlike oplossings vir die komplikasies wat deur meervoudige of kumulatiewe kousaliteit en meervoudige dekking veroorsaak word.

Top