Betsie Klopper
Betsie Klopper verwerf in 2008 haar BEd aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (Wellington-kampus), met Afrikaans en musiek as hoofvakke. Sy ontvang die Dekaansmedalje vir dié graad. In 2009 voltooi sy BEd Honneurs in Afrikaans en in 2012 MEd in leesbegripstrategie-onderrig onder leiding van Prof. Johan Anker aan dieselfde instelling. Sy doseer Afrikaans en is betrokke by die ontwikkeling en implementering van ’n leesondersteuningsprogram vir eerstejaarstudente op die Mowbray-kampus van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (Fakulteit Opvoedkunde). Sy is ook betrokke by ’n onderwyseropleidingsprogram wat as loodsprojek dien vir haar doktorale studie, wat sy beplan om in 2014 aan die Universiteit Stellenbosch te begin.