Bertie du Plessis is ’n strategiesebemarkingsadviseur en professionele kunstenaar. Hy was betrokke by die omskakeling van die ou Stigting vir Afrikaans na die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans en het die konsep geskep en die draaiboek geskryf vir die M-Net-dokumentêr
So, where do we come from? oor die insigte wat DNS-navorsing en paleontologie bied oor die herkoms van Suid-Afrikaners. Hy was of is gasdosent aan verskeie tersiêre instellings in joernalistiek, beeldende kuns, grafiese ontwerp, Afrikaanse en Nederlandse letterkunde, Nuwe-testamentiese literatuur en besigheidsbestuur en administrasie. Du Plessis het bydraes gelewer in twee baanbrekende publikasies oor die ou politieke orde:
Stormkompas en
Wat kom na apartheid? Jong Afrikaners aan die woord oor ’n wêreld sonder apartheid. Van sy bydrae in laasgenoemde publikasie het dr Franklin Sonn in ‘n resensie geskryf dat hy die enigste van die outeurs was wat ’n werklike insig getoon het in die gevoelens van swart Suid-Afrikaners. Du Plessis is ‘n lid van die keuringskomitee van die English Academy of South Africa vir die prestigeryke Pringle-toekenning vir joernalistiek.
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za