Benita Taylor

Benita Taylor is ’n lektor verbonde aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus. Sy voltooi haar BEd Grondslagfase-graad aan die NWU, en begin haar loopbaan aan hierdie universiteit tydens die voltooiing van haar BEd Hons in Leerderondersteuning. Nadat sy haar studies voltooi, beklee sy ’n onderwyspos. In 2011 keer sy terug na die NWU as kwaliteitsadviseur by die Eenheid vir Oop Afstandsleer. Sy aanvaar in 2017 ’n lektorspos in Vroeë Kinderontwikkeling in die Fakulteit Opvoedkunde, waar sy tans verantwoordelik is vir die aflewering van afstandsleermodules in die Gr R-diplomaprogram. Sy is verder deel van ’n span instruksionele ontwerpers wat verantwoordelik is vir die ontwikkeling van ’n nuwe BEd-graad en -diploma in vroeë kinderontwikkeling, van 0–4 jaar, wat via afstandsonderrig as modus van aflewering aangebied sal word. Sy is ook tans besig met haar PhD in Vroeë Kinderontwikkeling.

The experiences of BEd Foundation Phase distance learning students pertaining to administrative support provided by the North-West University

Benita Taylor, Willem J van Vollenhoven, Annemarie Loubser Academic research 2020-08-19

"NWU provides support for students to successfully complete their studies via distance learning. Administrative support is considered a priority, since distance learning students generally face various challenges."

BEd Grondslagfase-afstandsleerstudente se ervaring van administratiewe ondersteuning aan die Noordwes-Universiteit

Benita Taylor, Willem J van Vollenhoven, Annemarie Loubser LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2020-08-19

"Die NWU ondersteun afstandsleerstudente met die suksesvolle voltooiing van afstandsleerstudie en beskou administratiewe ondersteuning as ’n prioriteit, aangesien afstandsleerstudente oor die algemeen vele uitdagings ervaar."

Top