Archie Dick

Archie Dick het ’n BA en honneursgraad in biblioteekkunde van die Universiteit van die Wes-Kaap, ’n meestersgraad van die University of Washington in Seattle in die VSA, en ’n PhD van die Universiteit van Kaapstad. Hy het in openbare biblioteke in die Wes-Kaap gewerk en was ‘n dosent aan die Universiteit van die Wes-Kaap (1982-1992) en Unisa (1993-2003), waar hy van 2000 tot 2003 visedekaan in die Fakulteit Geesteswetenskappe was. Archie is volle professor in die Departement Inligtingkunde aan die Universiteit van Pretoria. Hy was in 1997 besoekende professor aan die Wayne State University en in 2007 aan die University of Illinois in Urbana-Champaign. Hy is die skrywer van ’n monograaf getiteld The philosophy, politics, and economics of information en meer as 75 akademiese en populêre artikels en hoofstukke in boeke, waarvan sommige in Russies, Spaans en Sweeds vertaal is. Sy boek The hidden history of South Africa’s book and reading cultures is in 2012 deur die University of Toronto Press gepubliseer (http://www.utppublishing.com/The-Hidden-History-of-South-Africa-s-Book-and-Reading-Cultures.html). Hy dien in die redaksionele rade van verskeie nasionale en internasionale LIS-joernale en is die resensie-redakteur van die historiese joernaal New Contree. Hy was van 2009 tot 2011 visevoorsitter van die Freedom of Access to Information and Freedom of Expression (FAIFE) komitee van IFLA en is tans voorsitter van die National Council of Library and Information Services (NCLIS).


Gewone lesers aan die Kaap, c. 1680 tot 1850

Archie Dick LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2012-08-01

"Die leeskulture van die slawe, vryswartes en arbeiders in die vroeë Kaap vertel ons nie net waarvan hierdie mense gehou het nie, maar ook wie hulle was en hoe hulle die wêreld verstaan het."

Top