Apie

Simoné is tans nege jaar oud en het hierdie jaar (2013) met graad vier begin by CVO Pretoria. Sy is baie lief vir sport (veral netbal) en het ‘n groot liefde vir perde. Sy geniet dit baie om in die buitelug te wees, maar meer as enigiets anders geniet sy dit om agter die rekenaar te sit en stories te skryf. Simoné vertel al stories vandat sy kon praat. Sy het haar talent by haar oumagrootjie geërf, wie altyd gesê het Simoné gaan ‘n skrywer word. Haar tannie Amor motiveer haar baie om te skryf en ‘koop’ haar stories by haar.
Top