AP de Villiers
Anton Pierre de Villiers (gebore 1987) is ’n student aan die Universiteit Stellenbosch, tans ingeskryf vir die graad PhD (Operasionele Navorsing). Hy het die grade BComm (Wiskundige Wetenskappe) en Honneurs BComm (Operasionele Navorsing) in onderskeidelik 2008 en 2009 aan die Universiteit Stellenbosch behaal, laasgenoemde met lof. Hy het in 2012 ’n MSc (Operasionele Navorsing) graad verwerf met lof. Vanaf 2009 is Anton betrokke by verskeie deeltydse studentassistentskappe in die Departement Logistiek aan die Universiteit Stellenbosch. Sy navorsingsbelangstellings lê in kombinatorise optimering, metaheuristieke en grafiekteorie.