Anzel Gerber
Anzel het grootgeword in Port Elizabeth, maar het vroeg in 2009 na die besige stad van Johannesburg getrek. Al was dit oorspronklik agter die werk aan, het die towerliggies van die stad haar gou oorrompel.
Sy het as tiener reeds begin skryf aan kortverhale en het eers vroeg 2009 die geleentheid gekry om klas te loop in die skryfkuns. Sedertdien het sy nog glad nie teruggekyk nie.
Sy skryf omdat sy nie anders kan nie. Dis in haar bloed. Deel van haar asem. Sy verorber enige leesstof wat sy in die hande kan kry, sit dan ook haar verbeelde werklikheid op papier. Sy is wie sy is. Sy is 'n skrywer. Haar eerste kortverhaal verskyn ook eersdaags in 'n Suid-Afrikaanse tydskrif. Dis 'n begin. Sy kla nie. Aanhouer wen!
Opgedateer/Updated: 2010-02-05
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za