Anton van Niekerk

Anton van Niekerk is professor in en hoof van die Departement Filosofie, asook direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek, aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy spesialiseer veral in die biomediese etiek en die filosofie van die menswetenskappe.

Hy is die skrywer, redakteur en medeskrywer van 17 boeke, meer as 100 vakwetenskaplike artikels en boekhoofstukke en talle populêre artikels. Sy bekendste onlangse boeke is Geloof sonder sekerhede: besinning vir eietydse gelowiges en Ethics and AIDS in Africa: the challenge to our thinking.

 

Opgedateer/Updated: 2008-06-04
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top