Antoinette Viviers

Ek is gebore op 12 Maart 1961, die vierde kind van Theo en Annette Roux, van Villiersdorp. Ek het `n liefde vir die natuur en ook vir musiek. Aktiwiteite waaraan ek graag deelneem is aërobiese oefening en stap. My man en twee seuns neem `n belangrike plek in my lewe in. Ek is `n nasorg-fasiliteerder met `n passie vir kinders. `n Gedig van my is gepubliseer in `n digbundel van Christian Poetry Association, "Watched by an Angel." Onlangs is twee van my gedigte gepubliseer in Nuwe verse deur Weskusdigters, "`n Oulap se Erfgoed."
Top